Sharlene

E-Pos my!

Die lewe van 'n eensame mens:

In die kleuterskool was daar vir my gelag en met my gepot,
Grappies oor my was die ander se genot.
niemand wou met my speel,
Kan iemand daardie rede deel?

In die Laerskool was daar vir my gelag en met my gepot,
Ek was die teiken vir boelies opsoek na nog meer genot.
Ek's gepotjie en geslaan.
Waar kom al die haat vandaan?

In die Hoërskool was daar vir my gelag en met my gespot,
My skooltas was in die asblik gegooi vol kos wat vrot,
Ek's met toebroodjies gegooi en met koeldrank gespoeg,
Hoe lank moes ek met die vernedering swoeg?

Nou's ek volwasse en word daar nog steeds vir my gelag en met my gepot,
Lyk ek soos iemand wat woon in 'n grot?
Is ek gebreklik?, Wat het ek gemis?
Sal enige iemand my ooit eendag mis?

Gekryf deur Sharlene van der Westhuizen (Human)
 

Webspasie geskenk deur: