Sharlene
Dis lente:
Dis lente, en die Loeries jaag mekaar deur die takke van die Moerbei-boom.
Die Moerbeie is rooi en pers, laat my dink aan die blare in her’s.
Bring laat ek sien. Wat se goed is dit dič?, vra Oom.
Dis Sy-wurms oom net 20c vir twee.
Die streep een is Boepies en die witte is Room.
Ag kom hier my kind, hoe lyk dit met tee?
Dis lente oom, dan drink mens lemoensap.
Nee, nee, nee, ek soek ‘seblief tee.
Ek sal maak vir oom, maar vir die grap...
Sal oom my dan ‘n randjie gee?
Sekerlik my kind hoe lyk dit met drie?
Kyk gou oom, jou tee is hie’.
Dis lente, en ek’t sommer baie wurms, nege-en-twintig,
dertig, een-en-dertig, twee-en-..., ččn is weg!
Jou stoute ding wat maak jy hie’?
Dis lente en die blomme is mooi.
Geel, Pers, Oranje, en Rooi.
Al die voëltjies sing en fluit.
O-gats daar bollie een teen die ruit.
Deur S. Human 10 September 2004