Sharlene

E-Pos my!

Finkel en Koljander:

Kom ons verf die blommetjies bronz.
Laat weet net vir niemand...dit was ons.

Kom ons plant die bome met wortels na bo.
As jul sê wie dit was sal niemand jul glo.

Hoe lyk dit met 'n vierkantige son?
In stede van vissies sit ons voëltjies in die pon'.

Kleur alles wat groen was sommer nou rooi.
Vir ons lyk alles nou wonderlik mooi.

Die paaie wat reguit was loop nou krom.
Vannaand gaan ons die sterretjies aan die aarde vas gom.

Het jy al gehoor van 'n Geel-kop-koggelmander?
Dit kom met komplimente van Finkel en Koljander.

Gekryf deur Sharlene van der Westhuizen (Human)
 

Webspasie geskenk deur: