Sharlene
Hoe wonderlik is die werk van die Here:
Kaalvoet het sy die strate op en af geloop opsoek na blyplek.
Het net 'n hond en 'n paar besitting, maar geen vervoer.
Nommers geskakel elkedag, tot een dag...
Sy het by my uitgekom en my haar storie vertel.
Ek was hartseer en my hart het gebloei.
Hoe help mens so iemand? Sal genade dalk broei?
Nommers het ek geskakel opsoek na hulp vir haar.
'n Week gaan verby en steeds niks gebeur,
die dae se gewag maak my hart net meer seer.
As iemand haar help sal ek bedaar.
Toe kielik eendag was daar 'n man se stem op die foon.
"Gee my haar nommer ek sal haar help."
Maar die nommer gegee is onberykbaar.
Later die dag geels 'n stem, hartseer, raadop en vol elende.
Ek gee toe die nuus van die blyplek gevind,
die blyplek is met kos gratis en plek vir haar hondjie kind.
Die stem kikker op en vloei van hartseer en vreugde.
"Die Here sal jou seën vir jou moeite en hulp."
Dankie dankie dankie, was al wat nog kon volg.
Tussen trane van blydskap oor die wonder van ons Here se werk.
Gekryf deur Sharlene van der Westhuizen (Human)